Bloedvlag Siener van Rensburg voorspellings

Bloedvlag soos deur siener van Rensburg voorspel moet met ‘n oop kop verstaan word. Jy kan dit nie direk vertolk nie. Soos Siener die bloedvlag beskryf is reeds in die vorm van ‘n beeld wat hy gesien het of as jy wil ‘n vergelykenis.

Siener gaan voort met ‘n Geestelike boodskapper toe hy wakker word en dan sien hy die man wys hom dat die deure staan wyd oop. Nou, die wakker word beteken dat die Geestelike boodskapper sal die volk oproep en die pad aandui na die ongekende vrede en voorspoed. Let op dat hier is nie Presidente of Boere vegters, Generaals en bomplanters nie, maar net ‘n Geestelike boodskapper. Dis al.

Die bloedvlag

Die vierkleur word in ‘n emmer bloed gedoop en waai oor die nuwe republiek met ongekende vrede en voorspoed.” Die laaste emmer bloed beteken min geweld en is by Vereeniging maar tog onvermydelik.

Dus nie groot oorlog maar kom ons noem dit geweld waar mense dood gaan in die stryd en dan gaan die ongekende vrede kom. Ek wil bietjie stilstaan by ‘n emmer bloed en die vierkleur.

Die vierkleur verwys na die Transvaal se vlag maar dit gaan nie weer wapper nie. Wat wel gaan gebeur is dat die vlag sal in die laaste emmer bloed gedoop word en sal dan Goddelike status kry. Nie meer aardse kleure maar hemelse kleure (wit op blou agtergrond soos wit-wolke op die blou-hemel agtergrond). Die Boere of Gelofte volk sal dan weer oor hulself heers.

Bloedvlag
Die blou kleur kan verskil volgens tyd van dag. Die Vryheids vlag moet die kleure bevat.

Siener noem baie name met insidente maar ons moet pasop wat simbolies is en wat nie. Plekke kan dus verwys na Boere se welslae in en voor die Boere oorlog en sal dus simbolies herhaal word op ander plekke. As daar dus gepraat word van weer by Bloedrivier dan kan dit by Vereeniging weer afspeel waar daar geweld gaan wees en dat God die oorhand gaan gee.

Dit is dus nie presies dieselfde maar soortgelyk op ‘n ander plek.

Die toekoms

Hieruit kan ons nou sien dat dit handel nie oor plekke soos Prieska of Bloedrivier nie. Dit gaan oor die verlede wat weerspieel word in die toekoms. Soos Siener die geskiedenis ervaar het so sien hy dat herhalings gaan plaasvind in die toekoms.

Om op te som. Die beelde, vlag, kenmerke, taal, lewens verlies en verwagtinge gaan herhaal word. Die keer ware vryheid in Suidelike Afrika maar ook ‘n tuiste, ‘n Hartland vir Siener se volk.

Daar waar die Boere Republieke begin was en waar Siener dit as die basis gesien het. Daar sal die vrye volk weer onder sy nuwe vlag vereenig.

Om meer oor die stigting te lees gaan hier: Stigting