Siener van Rensburg voorspel vir Boere

Siener van Rensburg voorspel vir Boere

Ons moet eers sien in watter delemma Siener is tydens die Boere-oorlog. Siener van rensburg voorspel dat die swartes die land gaan oorneem. Dat die nasionale party eers ‘n klein party in die Kaap gaan word en dan sal vergaan. Die Boere word dood geskiet, die vrouens en kinders vergaan in konsentrasie kampe en die man maak sulke voorspellings? Sou jy hom glo?

Siener van Rensburg
Siener van Rensburg

Siener van Rensburg voorspel

Dan kom Siener van Rensburg met die voorspelling dat die Boere weer oor hulself sal regeer. Dis soos ‘n troos prys vir moedelose Boere. Hulle kon egter nie Siener ignoreer want hy het reeds die Engelse se bewegings korrek voorspel. As hy die teerpaaie kon voorspel, die swart regering, die val van die Nasionale party dan kan jy net eenvoudig hom nie uit jou toekoms planne uitlaat nie. Kom ons kyk nou wat het hy vir die Boere toekoms voorspel.

Dat hulle weer oor hulleself gaan regeer is goed, maar dan moet die mense nie verkeerde afleidings maak en ek noem gou ‘n paar. “Dat die blankes weer oor SA sal regeer.” Beslis nie. SA het daardie tyd nie eers bestaan nie. “Dat dit net blankes sal wees.” Beslis nie, daar sal ook alle ander bevolkings wees maar hulle sal nie probleme op groot skaal veroorsaak nie.

Wat gaan dan gebeur. Daar sal wel ‘n staat wees maar baie kleiner as die Transvaal of Vrystaat en sal uit albei bestaan. Sal ekonomies wel af wees en ek persoonlik verkies name soos God gegewe staat, Christen Staat, Israel of om dit anders te stel ‘n nuwe Gauteng. Min of meer soos in die Kaap sal die meerderheid verkies word deur ‘n Blanke meerderheid en so oor stede, dorpe en die streek regeer en sal later onafhanklik wees.

Verder sal die Blankes nie meer gesien word as die apartheid oorheersers maar as die Blankes uit Europa, VSA en ander volke wat werk en welvaart skep. Dit sal ‘n soort vryheid gee in die hele Suidelike-Afrika. Dan sal die Blankes nie meer as die bomplanters en vyande gesien word nie.

Ons kyk nou uit hierdie agtergrond na die ontwikkeling van fabrieke en kry die planne reg. Jy kan help om die visie bekend te maak deur dit aan al jou vriende te stuur, op facebook te plaas en aan te stuur. Ek gee graag meer webwerwe vir die wat meer wil lees:  https://stigting.co.za
https;//affiliatebank.net/afr