Hartland, melk en heuning in die woestyn?

Hartland as land met melk en heuning kan beslils nie is die woestyn wees nie. |Die mense aldaar sal welkom wees om aan te sluit want daar is die begrip dat as jy gelukkig is waar jou tuiste is, is dit jou Hartland.

Daar gaan egter ook ‘n sentrale of volkstaat wees wat deur “Die Gelofte volk” regeer sal word.

Hartland

Siener het voorspel

Ons het reeds baie werk gedoen of Siener “reg”  voorspel het. As hy voorspel het dat President Mandela sou regeer en die eens magtige Nasionale party tot niet sou gaan is daar geen rede tot twyfel nie.

Sy volk sal weer oor hulself regeer. let op nooit weer oor SA nie. Sy volk sal vry wees oral in Afrika. Dit is reeds so. Nou, nog net ook oor hulself daar waar die Boere Republieke gestig was.

Hy het ‘n baie voorspoedige Hartland voorspel. Die president sal betreklik jonk wees. Die groot ding is “Die man in Bruin klere” Hy gaan die stigter wees. ‘n Regte, egte Boer, “Boodskapper van God” eerlik en opreg. maar wie hy is sal ons nie weet nie.

 

Die man in bruin klere. sal amper so lyk

 

 

Nie voor die man homself bekend gemaak het nie. Wanneer weet ons ook nie maar dit sal wees wanneer die volk leierloos sal wees. Soos tans? Ja, maar ook eers wanneer hy klaar die Hartland gestig het soos deur God bepaal. Eers dan.

Wat doen die stigting?

Eers was Siener van Rensburg bestudeer. Toe is die saad van die kaf geskei. vandag werk ons in hierdie oogmerk met die doel om sake te vestig wat inlyn met Siener se voorspellings is.

Ons gaan niks toelaat wat botsend is maar ondersteun die ontwikkeling tot voordeel van ons mense en veral ons lede.

Ons betrek ander ondernemers en sake om te bou aan ‘n nuwe ekonomiese toekoms in Suidelike Afrika. Veral groot sake organisasies wil nie beleggings in Afrika se gierige korupte state doen nie. Ook reg so.

Beleggers stel net belang in stabiele ekonomiese gemeenskappe waar hul toekoms verseker kan word.

Ons bou die toekoms…

Stigting

 

Gaan kyk hier vir meer:

Wat het Siener voorspel kyk verder: Lees meer oor Siener

Lees meer oor die Stigting

Sluit aan by die Stigting hier: Ons gebruik Affiliatebank.net